www.martincompion.co.za
   
  HOME PAGE STOET DOELWITTE VOEDING PRODUKSIE VEILINGS KONTAK ONS  
 
   

VEILINGS


WIE IS ONS EN WAT DOEN ONS!

Martin, Hester , Martin 3, Beane en Marne Compion.
Ons boer 90km oos van Pofadder, bekend as die Boesmanland, op die plaas Lonziekvlei  met Dorpers, Wit Dorpers en Boerbokke.

Ons  is Stoettelers, maar boer ook kommersieël. Komersiële diere is afkomstig uit ons stoetteling.

Compion Witdorpers het begin in 1993 met 20 Wit Stoetooie. Teling was van vroeg  in die sewentig jare in my bloed, weens my pa Martin Compion Snr , Spieelpan Dorperstoet.  Ek het daar met stoetteling groot geword. Van daar my belangstelling van vroeg af in stoetteling.

In 2002 het my pa weens mediese redes afgeskaal, en stoetteling se teels neergele, na meer as 30 jaar in die Stoetbedryf in Suid-Afrika en Namibia.  Ek kon eenvoudig nie net hierdie top genetika  laat verlore gaan nie, en ek het besluit om van sy ooie te bekom. 
 
Met 50 van Chips se nageslag  ooie, met baie mooi vorm en tipe het ons Compion Dorpers begin, in 2005.
Die Boerbokstoet is begin met 25 Ooie, aangekoop by Japie Kruger.  Die veronderstelling  was dat  ons die bos en boom gedeelte van die Kalahari Plaas goed kan kombineer met die Boesmanland.  Die Boerbokstoet is begin tot voordeel  en betrokkenheid van wee Hester en die 3 kinders se belangstelling in Stoetbedryf.  Ek  is net in 'n raadgewende hoedanigheid betrokke , maar Martin 3 en die meisies bestuur dit self suksesvol.

Die plaas Lonziekvlei is die mekka waar alle stoet seleksies, teling, parings, KI en embrio spoelings plaasvind. Op Lonziekvlei word daar slegs met stoet diere geboer. Alle ramlammers wat gespeen word, word na die naby geleë plaas, Ouplaas, geskuif. Alle ramlammers word daar groot gemaak tot en met  ouderdom van 10 maande op ektensiewe weiding.  Daarna word alle ramlammers tussen kommersiële ooie geplaas vir onderskeie dekking seisoene. Daarna word hulle geskuif soos benodig in getalle vir afronding na die plaas Lonziekvlei, vir elkeen van die vyf produksie veilings.

Boesmanland plase is opgedeel in 350ha kampe met dubbele vee suipings. Die plase is buite en binne  geelektriefiseer sowel as binne blokke ook.

Die plaas Perdelaagte  geleë in die Gordonia Distrik, beter bekend as ons Kalahari Plaas is ongeveer 90km suid-oos vanaf Upington  in die voor Kalahari geleë.  Daar word hoofsaaklik geboer met beeste. Die plaas is aangekoop in 1999 as gevolg van droogte in die Boesmanland. Dit is geleë in 'n baie beter reënval gebied met baie  beter weidings kapasiteite. Perdelaagte  dien as 'n goeie aanvulling en  oorbrugging van lang droogtes in Boesmanland.

Daar word met Bonsmaras geboer op die Kalahari plaas; Perdelaagte sedert 1999. Swart Angus beeste is aangekoop in 2007.  Weens streng seleksie en keuring is daar met Bonsmara en Swart Angus Stoete begin.  Weens goeie reën is daar in 2012 besluit om met 'n Charolais Stoet te begin. Hierdie vroulike Charolais diere is aangekoop op die Nasionale Veiling en by Elite Stoettelers, slegs geregistreede diere.  Stoetteling in die bogenoemde 3 bees rasse word verder uitgebrei  met embrio spoelings vir eie gebruik vanaf 2013 deur Dr Willie Harris van Upington.

Vir boerdery in die Kalahari moet mens sekerlik baie goeie perde he.  Sedert 2009 het ons Arabier Perde afkomstig van top genetika en telers aangekoop.  In 2012 het ons dit 'n stap verder gevat en besluit op Stoetteling vir Compion Arabierperde.

My pa Martin Snr, het altyd geglo en gese "n Goeie Dier vreet net soveel soos 'n swak dier, maar jou inkomste is baie beter".  Van daar my siening om slegs met kwaliteit te boer en brue te bou vir ons 3 kinders.  Dankie ook aan my Hemelse Vader wat my die talente gegee het om suksesvol te kan boer!

SA WERELD GROOT COMPION : RAM, BOLT

Nuwe rekord prys vir Dorper Ram R600 000. Saad en embrios beskikbaar teen R350. Bolt en Bakgat is onlangse toevoegings tot Compion Dorpers en hul genetika sal op die volgende veiling beskikbaar wees.


 
     
HOME PAGE   |   STOET DOELWITTE   |   VOEDING   |   PRODUKSIE VEILINGS   |   KONTAK ONS         Copyright © 2013 Martin Compion. Designed and Hosted by: Upington-Online